AU-EU-beraad begin môre in Brussel

Staatshoofde van die Afrika-unie en die Europese Unie kom môre en Vrydag byeen vir die beraad in Brussel in België. Die laaste AU-EU-beraad het vier jaar gelede in November 2017 in Abidjan in die Ivoorkus plaasgevind, en die Covid-pandemie is een van die redes hiervoor. Namibiese President Hage Geingob is reeds in Brussel waar hy koning Philippe ontmoet het. Twaku Kayofa, kommunikasiebeampte van die Europese Unie in Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter kwessies bespreek sal word.