Angola se inflasie vir Januarie is 27,66%

Jaarlikse inflasie vir buurland Angola vir Januarie 2022 het op 27,66 persent gestaan, wat ’n 3,25 persentasiepunt-verhoging is vergeleke met Januarie 2021. Die maandelikse inflasiekoers het op twee persent gestaan, 0,10 persentasiepunte laer as die 2,10 persent wat in Des 2021 geregistreer is, en 0,06 persentasiepunte laer as die 2,06 persent vir Januarie 2021. Die inflasiekoers vir Januarie 2022 bied die derde laagste maandelikse verhoging in die afgelope 12 maande.