Jy kan EU besoek as jy ten volle ingeënt is

Die Europese Unie se raad het ingestem om hul benadering tot reisigers van buite die unie aan te pas. Verteenwoordigers van die 27 lidlande het voorlopig ingestem tot ‘n beleid waarvolgens enigeen van ‘n land buite die EU na die unielande kan reis indien hulle kan bewys dat hulle ten volle teen Covid-19 ingeënt is. Die woordvoerder van die Europese Unie-kommissie, Christian Wigand, sê die raad moet die voorstel nog formeel aanvaar: