Pandor sê SA speel aktiewe rol in VN

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het die versekering gegee dat Suid-Afrika steeds ʼn aktiewe rol in die Verenigde Nasies sal speel. Sy het gesê die land sal dit doen deur middel van organisasies soos die Menseregteraad, om te verseker dat dit die mense van die wêreld dien. Suid-Afrika is verkies om vir die tydperk 2023 tot 2025 as lid van die raad te dien. Die land het laas vanaf 2017 tot 2019 in die raad gedien. Pandor het herhaal dat Suid-Afrika respek het vir die integriteit en waardigheid van die kantoor van die Hoë Kommissaris vir Menseregte.