Kaapstad is reg vir terreuraanval

Die Stad Kaapstad sê hy het gebeurlikheidsplanne in geval van terreuraanvalle. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, het gereageer op Woensdag verklaring van die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika wat sy burgers waarsku teen ‘n moontlike terreuraanval oor die naweek in die groter Sandton-gebied in Johannesburg. Hy sê Kaapstad het agt weke gelede ‘n raamwerk aanvaar om moontlike gewelddadige ekstremisme hok te slaan. Smith sê as plaaslike regering poog hulle om vir enige moontlike bedreigings voor te berei.