Downsindroom-ouers se lewe vergemaklik op kusdorp

’n Skool spesifiek vir kinders met downsindroom kan binnekort ’n werklikheid vir die gemeenskap van Walvisbaai word. Bonita Antoncich, van die Yahweh Downsindroom-stigting, en self ‘n moeder van ‘n kind met downs, is die dryfveer agter die inisiatief. Kosmos 94.1 Nuus het met Antoncich gesels oor die stigting se planne en vooruitsigte.