Reuse-Mandrax vonds op Walvis

Plaaslike berigte lui dat ‘n 63-jarige Suid-Afrikaanse burger op Walvisbaai vir dwelmhandel in hegtenis geneem is. Na wat berig word, is die man in Helmuth Ndungula-straat in Kuisebmund vasgetrek met 832 Mandrax-pille ter waarde van 100  000 Namibiese dollar. Hy sal na verwagting môre in die hof op die kusdorp verskyn.