Kaapstad een van beste stede ter wêreld

Die Stad Kaapstad het weereens ‘n hoë posisie op ‘n internasionale lys van die beste stede ter wêreld behaal. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die wêreldwye Timeout.com-handelsmerk het Kaapstad die 11de plek toegeken in sy ’53 beste stede ter wêreld’-lys, en die stad stof Londen, New York en Madrid uit.