SA werkloosheidskoers daal in tweede kwartaal

Suid-Afrika se ekonomie het tussen die eerste en tweede kwartaal vanjaar 648 000 werksgeleenthede geskep. Statistiek SA het aangekondig die land se werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal met 0,6 van ‘n persentasiepunt afgeneem tot 33,9 persent. Die grootste toename in werksgeleenthede was in gemeenskaps- en maatskaplike dienste, handel, finansies en die boubedryf. Werksgeleenthede het egter verlore gegaan in die vervaardigings- en vervoerbedryf. Die aantal werklose mense het met 132 000 toegeneem tot 8 miljoen. Die werkloosheidskoers onder die swart bevolkingsgroep is steeds hoër as die nasionale gemiddeld en dié van ander bevolkingsgroepe.