Desert Jewels se afrigter oor hul wedstryd teen Zimbabwe

Die Namibiese nasionale netbalspan, die Debmarine Desert Jewels het naelskraap met 45-41 teen Zimbabwe verloor in hul derde wedstryd van die kwalifiserende reeks in Pretoria. Agt spanne speel vir twee plekke in die 2023 Wêreldbeker. Die Namibiese span moet nog teen Botswana te staan kom. Hulle het teen Tanzanië gewen en verloor teen Suid-Afrika. Die Namibiese span-afrigter, Mary Waya, is aan die woord.