Kaapstad berei goed voor vir netbal-beker

Die Stad Kaapstad onthul nog van sy erfenis-muurskilderye in aanloop tot Suid-Afrika se aanbieding van Afrika se heel eerste Wêreldbekertoernooi volgende jaar. Die vierde erfenisprojek is in die Proteaville-ontspanningsentrum in Bellville-Suid. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die kunswerk weerspieël Afrika se goue sonsopkomste, Kaapstad en die nasionale span, die Proteas: