ANC moet beleid het vir geld en leierskapsverkiesings

Die ANC Nasionale Uitvoerende Komitee-lid, Lindiwe Sisulu, het partylede wat stemme koop gekritiseer. Sy doen ‘n beroep op die regerende party om ‘n resolusie deur te voer wat die gebruik van geld in die verkiesing van leiers reguleer. Sisulu stel verder voor die party moet verskillende maniere ondersoek waarop hy sy leiers kan verkies. Sisulu het in ‘n eksklusiewe onderhoud met SABC News gesê die huidige proses om kandidate binne die party te kies moet hersien word.