Kaapse Identikidz begin uiters goed

Die Stad Kaapstad sê sy kinderveiligheidsprojek wat elke feestyd by talle van die stad se strande ingestel word, het die eerste naweek goed begin. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross sê Identikidz het byna 22 000 kinders by 15 strande van identifikasie-armbandjies voorsien en 38 met hulle gesinne herenig: