GRN maak planne met privaatsektor oor verpleeghuise by Sentraal

Die regering sê hy werk aan ‘n private-openbare vennootskap in die opknappingsproses van die Windhoek Sentraal-verpleeghuis. Volgens die gesondheidsministerie het gesprekke nou begin en dus kan die partye nie bekend gemaak word nie. Planne om die verpleeghuis vand die hospitaal op te knap, het ontstaan ná onlangse klagtes oor hul vervalle toestand. Twee uit vier blokke is reeds skoongemaak ter voorbereiding. Die dokterskwartiere sal ook aandag moet kry.