Kaapse damvlakke hoër as verlede jaar

Met Namibiese damvlakke wat op ‘n totaal van 86,2 persent staan, is die damvlakke in die Wes-Kaap is tans 20 persent hoër as dieselfde tydperk verlede jaar, met die gemiddeld wat tans op 71,5 persent staan. Dit word aan die goeie reënval die afgelope twee weke in die provinsie toegeskryf. Die grootste dam in die Wes-Kaap, Theewaterskloof, is 99,5 persent vol, en die Clanwilliam-dam staan op 94,2-persent. Die gemiddelde vlak van damme wat die Stad Kaapstad van water voorsien is 93 persent. Nog reën word later in die week verwag.