Kaapse burgemeester vra Cyril vir afwenteling van polisiepligte

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het weer ‘n beroep gedoen op President Cyril Ramaphosa om dringend nog polisiepligte af te wentel na vaardige plaaslike owerhede. Dit volg op Ramaphosa se belofte in die ANC se 8 Januarie Presidentsrede dat die nasionale regering dringend stappe sal doen om die misdaadbestrydingsvermoë van wetstoepassingsagentskappe op te skerp. Hill-Lewis sê daar is reeds ‘n versoek hangende van die stad dat meer polisiepligte oorgedra moet word aan die metro.