Krieket: SA se nuwe T20-liga skop op Nuweland af

Krieket: Suid-Afrika se nuwe T20-liga, die SA20, begin vandag op Nuweland. Altesaam 102 voorste plaaslike en internasionale spelers ding oor die volgende vier weke vir ses konsessies mee in 33 wedstryde. In vandag se aanvangswedstryd verwelkom MI Cape Town, Paarl Royals in die Moederstad. David Miller is die kaptein van Paarl Royals.