Namibië moet sy 75% afhanklikheid op voedselinvoere aanspreek

‘n Landbou-ekonoom het gereageer op die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie se statistieke dat Namibië vyfde op die vasteland geplaas is in terme van afhanklikheid op voedsel-invoere. Namibië, wat ongeveer 75 persent afhanklik is van voedsel-invoere vaar selfs slegter as Angola wat sewende lê. Ekwatoriaal-Guinee is eerste geplaas en is 100 persent afhanklik met die Ivoorkus wat 100 persent onafhanklik van voedsel-invoere is. Drie lande is gebalanseer op nul persent – Ethiopië, Malawi en Kameroen. Die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.