Kaap de Goeie Hoop DBV waarsku teen hondegevegte

Die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermings-vereniging het ‘n waarskuwing teen hondegevegte uitgereik. Dít volg nadat die eenheid Vrydag sewe honde by hondegevegte in Tafelsig gered het. Die hoofinspekteur, Jaco Pieterse, sê die oortreders is almal minderjarig, tussen die ouderdomme van 15 en 17. Pieterse het bygevoeg iemand wat skuldig bevind word aan enige betrokkenheid by hondegevegte is aanspreeklik vir ‘n boete van 80 000 Suid-Afrikaanse rand en/of gevangenisstraf van tot 24 maande met ‘n misdaadrekord. Die inspekteur het ook ‘n beroep op inwoners gedoen om gevalle van onwettige hondegevegte aan te meld.