Verslag van ouditeur-generaal openbaar risiko met verkryging van KZN-vloede

Die DA sê ‘n voorlopige verslag deur die ouditeur-generaal oor verkryging om eiendomme in staatsbesit wat deur die vloede in KwaZulu-Natal beskadig is, te herbou, het wydverspreide risiko’s van korrupsie aan die lig gebring. Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het ‘n ondersoek aanbeveel na die nie-nakoming van tenderprosesse. ʼn Woordvoerder van die DA, Samantha Graham-Maré doen ‘n beroep op die departement van openbare werke en infrastruktuur om alle betalings aan enige maatskappy wat geïdentifiseer is, te weier. Sy sê enige amptenare wat betrokke is by tender-oortredings, moet onmiddellik afgedank word.