Tennis: Medvedev gereed vir Amerikaanse Ope

Tennis: Die Amerikaanse Ope begin vandag op Flushing Meadows in New York. Die 23-malige Grand Slam-toernooiwenner, Serena Williams, neem aan haar laaste toernooi deel en Rafael Nadal mik na ‘n vyfde Amerikaanse Ope- en 23-ste Grand Slam-toernooititel, terwyl Novak Djokovic se weiering om ingeënt te word, hom vanjaar van ‘n tweede Grand Slam-toernooi uitsluit. Die wêreld se nommer een, Daniil Medvedev, is slaggereed nadat hy saam met ander Russiese spelers verbied is om aan Wimbledon deel te neem. Die verdedigende kampioen sê hy voel tuis in New York.