Nog ‘n verbod op jagtrofeë in Europa

Namibiese professionele jagters sê België se voorgenome besluit om ook nou ‘n verbod te plaas op die invoer van jagtrofeë van sekere diere, sal negatiewe gevolge inhou. Die Belgiese federale parlement het die voorstel vir ‘n resolusie goedgekeur met die oog op die verbod op die invoer van jagtrofeë van sekere spesies insluitend witrenosters, seekoeie, olifante, leeus, asook ‘n verskeidenheid kleiner wildsbokke. Jofie Lamprecht, stigter van Jagkonsessievereniging van Namibië, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.