Justisie se Trump-ondersoek eers in die wiele gery

’n Amerikaanse regter het ‘n versoek deur die departement van justisie vir die onmiddellike hersiening van geklassifiseerde rekords waarop die FBI by Donald Trump se Florida-landgoed in ’n voortgesette kriminele ondersoek beslag gelê het, van die hand gewys. Die federale regter Aileen Cannon het ook senior distriksregter Raymond Dearie as ‘n derde party aangestel om rekords wat deur die FBI beslag gelê is, te hersien vir materiaal wat as konfidensieel geag kan word en moontlik van federale ondersoekers weerhou kan word. Die regering sal appelleer teen die beslissing maar volgens Cannon is dit nie van pas om eenvoudig die regering se gevolgtrekkings te aanvaar sonder verdere hersiening deur ‘n neutrale derde party nie.