N$30m bestee op grond en voorvaderlike eise, min geïmplementeer

Die tweede grondkonferensie wat in 2018 plaasgevind het, het die Namibiese regering 15 miljoen Namibiese dollar uit die sak gejaag, met ‘n verdere 15 miljoen dollar wat bestee is op die kommissie van ondersoek na die eise vir voorvaderlike grond. Teen Februarie vanjaar is nog net 29 resolusies van die 167 wat by die konferensie geneem is, geïmplementeer. Die kommissie oor die eise in verband met voorvaderlike grond het ook reeds in 2020 sy verslag aan President Hage Geingob oorhandig maar, tot op hede, is daar geen padkaart saamgestel om enige van sy bevindings te implementeer nie. Daar was talle eise deur talle inheemse stamme ingedien, met baie stamme wat dieselfde gebied, veral in sentraal Namibië, geëis het as voorvaderlike grond.