Justisie se dienslewering by onderhoudsafdeling onder die loep

Die Namibiese ministerie van justisie neem kennis van die algemene openbare kommer oor onbevredigende kliëntediens by die onderhoudsafdeling by die Windhoek-landdroshof in Katutura in die hoofstad. Dit volg ná ‘n lid van die publiek in die media gekla het oor ongeskikte beamptes by die onderhoud-afdeling en telefone wat onbeantwoord bly. Die ministerie sê op sy Facebook-blad die saak is onder die aandag van kollegas en die hoof gebring. Die ministerie sê hulle waardeer die terugvoer van die publiek en dit speel ‘n belangrike rol om te help om dienslewering aan kliënte te verbeter.