Die regering behoort nie ‘n sê te hê oor ‘n vrou se liggaam nie – Kamala

Wetgewers in die Amerikaanse deelstaat van Indiana het byeengekom om meer beperkings op aborsie te oorweeg. Indiana is die eerste deelstaat wat ‘n spesiale sitting gehou het met die doel om aborsieregte te beperk sedert die Amerikaanse hooggeregshof Roe v. Wade verlede maand omvergewerp het. Die Amerikaanse vise-president Kamala Harris meen dat die regering geensins insae moet hê in so besluit nie.