Namibiese jeug moet toerisme betree

Die Namibiese Toer- en Safari-vereniging, bekend as TASA, sê dit is tyd dat jongmense die toerismebedryf betree. Die 4de Afrika Jeug in toerisme-beraad met die Namibiese omgewingsministerie as gasheer, skop vandag in die hoofstad af en duur tot Vrydag. Die tema is “Developing Youth and Innovative Entrepreneurship Solutions for Inclusive Tourism Recovery in Africa”. Nathaly Ahrens van TASA gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van hierdie beraad.