Juneteenth herdenk slawerny in Amerika

Die eerste federale vakansiedag in bykans 40 jaar sal op die almanak verskyn nadat die Amerikaanse Senaat ‘n konsepwet goedgekeur het om die einde van slawerny in dié land te herdenk. Juneteenth gedenk 19 Junie 1865 toe Afro-Amerikaners in slawerny in Texas amptelik ingelig is dat hulle volgens die Emansipasie-proklamasie vry is. Die wetsontwerp is op pad na die Withuis om as wet goedgekeur te word. 19 Junie is reeds ‘n betaalde vakansiedag vir staatsdienswerkers in Texas, New York, Virginië en Washington.