Namibiese inligtingsminister toets positief ná inenting

Die Nambiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga het ook positief vir Covid-19 getoets en is in selfisolasie. Sy ministerie het in ‘n mediaverklaring gesê Mushelenga is asimptomaties en in ‘n stabiele toestand. Hy is een van die eerste kabinetslede wat ten volle ingeënt en het sy tweede dosis van Sinopharm al ‘n paar weke gelede gekry. Hy is die tweede lid van die Nasionale Vergadering naas die Speaker, Peter Katjavivi, wat positief getoets het.