Boris se pos: En toe is daar ses

Die voormalige Britse minister van finansies, Rishi Sunak, is na die eerste stemming bo-aan die lys van kandidate in die stryd om leierskap van die Konserwatiewe Party en nuwe eerste minister van die land. Hy het 88 stemme gekry met Penny Mordaunt op sy hakke met 67 en Liz Truss met 50 stemme. Kanselier Nadhim Zahawi en Jeremy Hunt kon nie die minimum van 30 stemme kry nie en is uitgeskakel. Die stryd duur egter voort tot daar net twee kandidate oorbly. Stemming in die tweede ronde sal vandag plaasvind.