Zimbabwiese ouers bekommerd hul kinders word uit SA skole geskop

Zimbabwiese ouers is bekommerd hulle kinders sal na Junie uit Suid-Afrikaanse skole geskop word. Dit is die spertyd vir houers van die Zimbabwiese vrystellingspermit om vir ʼn gewone visum of vrystelling te doen. Die ouers glo hulle aansoeke sal uiteindelik onsuksesvol wees en hulle kinders se skoolopleiding sal onderbreek word. Die woordvoerder van Basiese Onderwys, Terence Khala, sê die departement het in die geval van matrikulante planne gereed om die leerders by te staan.