Judges Matter sê John Hlope moes lankal geskors gewees het

Die regsorganisasie Judges Matter sê hy is verbaas dit het President Cyril Ramaphosa so lank geneem om die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, te skors. Dit volg nadat die Regterlike Gedragstribunaal bevind het hy het die Grondwet oortree toe hy probeer het om twee regters van die Konstitusionele Hof te oortuig om hulle ampseed te skend. Hlophe is geskors hangende ‘n ampsklag-proses in die Nasionale Vergadering. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê dit was die regte besluit.