Stad Tshwane veroordeel boewery teen kontrakteurs

Die Stad Tshwane het die geweld en boewery teen sy werknemers en kontrakteurs in verskeie dele van die stad ten sterkste veroordeel. Gewapende misdadigers het ‘n kontrakteur se werknemers aangeval terwyl hulle in Eersterust in die ooste van die stad op diens was. Die woordvoerder, Lindela Mashigo, sê hulle gereedskap, insluitend ses struik-snoeiers, is gesteel.