Tsumeb het nou ook waterprobleme

Nie net het die Namibiese dorpe Mariental, Walvisbaai en Swakopmund waterprobleme nie, Tsumeb se drinkwater is nie geskik vir menslike gebruik nie. Dit is volgens Dundee Precious Metals wat gereeld monsters van water neem om die mikrobiologiese kwaliteit te toets. Volgens die vise-president en besturende direkteur van Dundee Precious Metals, Zebra Kasete, sal die Tsumeb-munisipaliteit ook die kwaliteit van water toets en inwoners van die resulstate inlig. Intussen is drinkwater van 4 000 liter per dag by die myn se gimnasium beskikbaar.