JP Smith: Sindikate pers Prasa af

Die Veiligheid- en Sekerheids-ondersoekeenheid in Kaapstad het sy hulp aangebied aan die polisie en die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika om afpersing hok te slaan. Volgens Prasa is herstelwerk aan die sentrale lyn tydelik gestaak nadat gewapende mans na bewering kontrakteurs by die Bonteheuwel-stasie verjaag het. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê inwoners benodig dringend beskerming teen afpersing-sindikate wat vanaf Langstraat tot in Khayelitsha bedrywig is.