TransNamib en Natau bereik ooreenkoms

TransNamib se woordvoerder Abigail Raubenheimer, het bevestig die staking is verby. TransNamib het onderhandelings met die vakbond Natau voltooi nadat die maatskappy se 1 200 werkers sedert 17 Augustus gestaak het. Die partye het ooreengekom op die salarisverhogings van tussen 3,5 en 5,5 persent, gebaseer op die maatskappy se salarisstruktuur vir die verskeie vlakke.
Werkers sal ook ‘n verhoging van 100 Namibiese dollar op vervoertoelae ontvang. In die gees van welwillendheid sal TransNamib nie die geen werk geen betaal-beginsel toepas soos voorheen beoog is nie. Natau het afstand gedoen van 22 maande se terugbetaling en werkers sal slegs drie maande se terugbetaling ontvang. Raubenheimer praat met Kosmos 94.1 Nuus.