Banyana Banyana is gasvrou vir Brasilië in Soweto

Sokker: Die Kampioen van die Afrika-nasiesbeker vir Vroue, Banyana Banyana, is vanaand gasvrou vir die wenners van die Copa America Femenina, Brasilië, in die eerste van twee geskiedkundige vriendskaplike wedstryde. Suid-Afrika verwelkom die Suid-Amerikaanse kampioen in die Orlando-stadion in Soweto, met die tweede wedstryd Maandag in die Moses Mabhida-stadion in Durban. Die afrigter, Desiree Ellis, sê dit is ‘n wonderlike geleentheid vir Banyana.