JP Morgan betaal N$5,4 miljard uit oor Epstein-skandaal

Die grootste bank in Amerika, JP Morgan Chase, het voorlopig ingestem om 5,4 miljard Namibiese dollar as skikking uit te betaal ná ‘n hofsaak deur slagoffers van die seksoortreder, Jeffrey Epstein. In die hofsaak word beweer bankamptenare het waarskuwingstekens van Epstein se mishandeling geïgnoreer omdat hy ‘n ryk kliënt was wat welgestelde mense aan die privaat bank- en beleggingsafdelings kon bekendstel. Die bank sê enige assosiasie met hom was ‘n fout omdat sy gedrag monsteragtig was. JP Morgan het steeds sake hangend waarby die Amerikaanse Virgin-eilande en gewese uitvoerende hoof, Jes Staley, betrokke is.