Cameron Smith sê hy dog samesmelting was fopnuus

Die Ope-kampioen Cameron Smith sê hy het aanvanklik gedink verlede week se nuus oor die samesmelting tussen die PGA-toer, DP World-toer en die Saoedi-ondersteunde LIV Gholf-reeks was ‘n grap. Die Australiër wat na LIV oorgeloop het nadat hy verlede jaar die Ope-kampioenskap gewen het, erken hy het nie die samesmelting sien aankom nie. Smith sê daar is nog baie kwessies wat uitgewerk moet word en spelers is nuuskierig om te sien hoe die toekoms gaan lyk: