Popcru is vies oor polisielede wat geskiet word

Die buurland se polisie- en gevangenisse-vakbond, Popcru, sê hy is woedend oor die aanhoudende moorde op polisiebeamptes in die land. In die jongste voorvalle is twee beamptes in twee afsonderlike voorvalle in die Wes-Kaap doodgeskiet. Verlede week is speur-adjudantoffisier Neels du Rand doodgeskiet toe hy op ‘n misdaad in Gauteng gereageer het. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê tot op hede is 13 polisielede sedert die begin van die jaar vermoor: