SA justisieminister sê dis pynlik om Janusz Walus op parool vry te laat

Die minister van justisie en korrektiewe dienste in die buurland, Ronald Lamola, sê die Konstitusionele Hof se besluit oor die vrylating van Janusz Walus op parool gaan respekteer word. Hy sal vrygelaat word sodra hy uit die hospitaal ontslaan word na hy by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria met ‘n mes gesteek is. Walus het die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Chris Hani, in April 1993 in ‘n sluipmoordaanval vermoor. Lamola sê die hof se beslissing is pynlik.