Jou kosmandjie is met soveel duurder in April…
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê voedsel en nie-alkoholiese drankies het 16,5 persent aan die verbruikersmandjie bygedra. Brood en grane het met 19,8 persent gestyg gedurende April met vrugte wat 28,5 persent duurder was. Groente is op met 15,2 persent terwyl suiker en suikerprodukte 10,9 persent duurder geword het. Olies en vette was 10,7 persent duurder met vleis op 9,9 persent en vis op 8,8 persent. Suiwel is 8,5 persent duur en koffie en tee, 7,3 persent.