Plaaslike inhoud in olie en gas word deur ministerie bespreek

Die Namibiese ministerie van myne en energie is tans besig met ‘n werkswinkel beleid wat plaaslike inhoud in die sektor sal bevorder. Die doelwit van die byeenkoms is om te verseker dat plaaslike besighede en rolspelers geïntegreer word in die gas- en olie-waardeketting. Die minister, Tom Alweendo sê daar moet aandag geskenk word aand die kultuur van eie reg, inklusiwiteit en deursigtigheid.