Jordaan wil met Broos vergader oor uitlatings oor spelers, liga

Die president van die Suid-Afrikaanse beheerliggaam Danny Jordaan, beplan om volgende week met die Bafana Bafana-afrigter Hugo Broos te vergader oor sy media-uitlatings. Die Belgiese taktikus het Percy Tau en ander Suid-Afrikaanse spelers dié week uitgekryt oor hulle spel. Hy het ook die gehalte van die Premier-sokkerliga bevraagteken. Jordaan wil die saak nou uitpraat en ondersteuners is gretig om te sien of Safa teen Broos sal optree.