Ramaphosa waarsku ANC-kandidate

President Cyril Ramaphosa het ‘n sterk waarskuwing aan ANC-kandidate in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesings in die buurland gerig. Ramaphosa het gewaarsku dat daar ernstige gevolge gaan wees vir diegene wat by omkopery betrokke is en diegene wat mense se stemme uitbuit om hulle eie selfsugtige belange te bevorder. Hy het tydens sy verkiesingsveldtog gesê die ANC gaan ná die verkiesings op 1 November vaardige en bekwame mense vir burgemeestersposte aanwys en toegegee die ANC het baie foute begaan, maar hou vol die party is besig met ‘n hernuwingsproses.