Jongste stand van damme

Daar is in die afgelope week meer as 1,6 miljoen kubieke meter uit die drie sentrale damme onttrek. Volgens NamWater se jongste dam bulletin is Von Bach op die oomblik 70,7 persent vol met Swakoppoort op 93,9 persent. Omatako het 84,1 persent van kapasiteit. In die Suide is meer as 2,2 miljoen kubieke meter water uit Hardapdam in die afgelope week gepomp en die dam is op die oomblik op 65,7 persent. Neckartal het 97,4 persent water en Naute het 97,7 persent. Oanob by Rehoboth is 92,8 persent vol. Die Ooste het die minste beskikbare water met bronne tans op 37,9 persent. Otjivero is 53,5 persent vol met die slukdam op 10,3 persent.