Kritiek uitgespreek oor Geingob se besoek aan Nchindo-familie

Die Namibian Lives Matter-beweging beskuldig President Hage Geingob van apartheid-taktiek. Volgens Sinvula Mudabeti van die beweging poog die president om die Nchindo-familie teen die beweging te draai. Die beweging is gestig na 4 lede van die Nchindo-familie verlede jaar doodgeskiet is deur die Botswana weermag by die Chobe-rivier. Mudabeti sê dit is onaanvaarbaar.

Die verdrag oor die grens tussen die 2 lande is ook een van die kwessies wat uitdagings bied. Mudabeti sê hulle het nie toegang tot die nuwe kaarte nie en dus, het Geingob se ondertekening van die verdrag in 2018, na die dood van Namibiërs gelei.