‘Skrootmetaal’ plaaslik ook ‘n uitdaging

Skrootmetaal is nie net ‘n uitdaging in Suid-Afrika nie. Namibië loop ook deur. By Warmbad in die verre Suide is die kameeldrinkbakke byvoorbeeld, heeltemal verwoes om die metaal van die hak waaraan die kameel vasgemaak was, te verwyder om te verkoop. Stad Windhoek het ook, nes talle ander dorpe regoor die land, uitdagings met die tipe diefstal. Daar word berig dat die munisipaliteit in ‘n jaar 147 mangatdeksels moes vervang teen ‘n koste van 800 000 Namibiese dollar. Vanjaar is reeds 87 van die deksels gesteel en volgens die stad se woordvoerder is die huidige syfers die hoogste tot dusver. Huisnommers wat buite op heinings aangebring word, word ook gesteel.