Jongste oor Kudugas

Die Kudugas-projek, sowat 170 kilometer noordwes aflandig van Oranjemund, is tans in onderhandelinge met ‘n moontlike belegger. Die gasveld met sy waterdiepte van 560 voet, se natuurlike gasreserwes word op 1,3 triljoen kubieke voet beraam en moontlike reserwes op 9 triljoen kubieke voet. Volgens die hoofbestuurder, Klaus Enderson, word met ‘n elektrisiteitsmaatskappy onderhandel wat krag aan Namibië, Suid-Afrika en die streek volgens die gasveld se lewensduur van 22 jaar, wil verskaf. Enderson het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.