DNS-agterstand word vandag bespreek

Die dringende debat oor die Suid-Afrikaanse polisie se agterstand met DNS-ontledings wat die DA in die Parlement aangevra het, word vandag gehou. Woordvoerder Andrew Whitfield sê die krisis het betrekking op duisende moorde en verkragtings. Hy sê die party het die Minister van Polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisie Kommissaris, Khehla Sitole, gevra om ondersoek in te stel na die polisie se vennootskappe met private laboratoriums om die agterstand uit die weg te ruim, maar dit het op dowe ore geval: